Addo Nasionale Park – ‘n Olifant Mekka

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

As jy in die Oos-Kaap of selfs in die Wes-Kaap bly is die pad na die Kruger Wildtuin darem maar vrek ver, maar moenie dat al die kilometers ‘n stokkie voor jou reisplanne steek nie! As jy ‘n behoefte het om Suid-Afrika se mooiste vier-potige diere te sien is daar is ‘n ander uitweg in die hartjie van die Oos-Kaap: Addo Nasionale Park.Addo5

Die Addo Nasionale Park is slegs 75 km van Port Elizabeth en propvol wild. Hier kan jy die groot vyf sien, vele boksoorte asook die interessante bol-rollende miskruierspesie. Die Woody-Cape natuurreservaat en Algoabaai se St.Croix- en voëleiland val ook onder die Addo Park wat dit die enigste park in die wêreld maak met die groot sewe (leeu, olifant, buffel, renoster, luiperd, walvis en witdoodshaai).Addo1

In Addo Nasionale Park is daar is geen bitter pil om te sluk nie, want hierdie park is Malaria-vry! Of jy slegs ‘n dag in die park wil spandeer of sommer ‘n paar dae, Addo Olifant Park bied iets vir elkeen met hul tent-en karavaan staanplekke, safari tente, kothuise asook boshutte. Die park se liplekker disse by die Cattle Baron restaurant is sakpas en die piekniek-en braai areas altyd skoon en netjies.

Hier is die olifante is volop en hul vermaak soms die besoekers in die park terwyl hul afkoel en rondplons in die Hapoordam of in een van die ander panne. Met ‘n tikkie geluk aan jou sy kan jy van die park se leeus ontmoet wat graag kampeerders wakker brul, hul span deesdae uit naby Domkragdam.

Addo6

As die bosgogga byt, gaan op ‘n nagrit of slaap oor in die omheinde Spekboomtente wat geleë is in die middel van die park terwyl die naggeluide die stilte van moeder natuur breek.

Of jy nou wil gaan vir ‘n dag of ‘n nag, pak jou motor, vee die stof van jou verkyker af, sit voet in die hoek en kies koers Addo toe.

Onthou asseblief om in jou motor te bly en nie uit te hang by die venster nie, die leeus is gaande oor boudvleis!

Besoek www.sanparks.org vir meer inligting en lees ook ‘n Addo storie op Going Somewhere Slowly.

VAT DIE PAD!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge