Alle sandspore lei na Kaokoland se klipmense!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 3 minute

Vasgevang in ‘n tydlose eensaamheid staar hulle gesigsloos oor hulle verdorde omgewing. Oorgelewer aan die uiterste elemente van die natuur. Hulle swyg vreedsaam oor hulle toekoms. Maar tog bring hulle vreugde aan die wat hulle soek en vind.

As jy van Kaapstad op pad is na die Namibiese grens, ry jy deur Namakwaland en al sy blommeprag. En onwillekeurig begin neurie jy Zirk Bergh se liedjie: “Wie’t al die blomme geplant, al die blomme van Namakwaland…” jou voet begin saam tik op die petrol, want jy weet jy is nie meer ver van die Namibiese grens nie.

Jy is op pad na Kaokoland in Namibië. ‘n Wyd uitgestrekte area waar die klipmense “woon” en jy verander Zirk se liedjie na: “Wie’t al die klipmense gebou, al die klipmense van Kaokoland…

VroetelVoete het onlangs ‘n artikel oor hierdie geheimsinnige skepsels van klip en draad geskryf.

En die vraag het by almal opgekom: Wie het hierdie eensame klipmense van Kaokoland gemaak?

lanie kli[p

Wie is die persoon wat hierdie klipfigure so strategies plaas, dat dit duisende mense na hulle 4×4’s laat gryp het en laat afsit na Kaokoland om na hierdie klipfigure te gaan soek.

Hulle is omtrent heuphoogte, en hulle swyg saam met die stilte van die woestynson. Vasgevang in ‘n tydlose eensaamheid staar hulle gesigloos oor hulle verdorde omgewing. Oorgelewer aan die uiterste elemente van die natuur. Hulle swyg vreedsaam oor hulle toekoms. Maar tog bring hulle vreugde aan die wat hulle soek en vind.

Sandspore dwarsoor Kaokoland vertel hulle hul eie storie van mense wat besig is om wyd en syd na hulle te soek. Sover Vroetelvoete kon vasstel is daar 38 van hulle. Dalk al meer…

Die eerste een, is heel modern, met selfoon teen die oor, regoor ‘n kerk in Windhoek-wes te sien.

picture Uschi Wiese
(Dankie aan Uschi Wiese vir die gebruik van die foto.)

Teen die klipwande van Van Zyl’s pas sit een en hou wag oor die dorre natuur.

Blykbaar begin hulle by Puros in die suide, Van Zyl’s pas in die ooste, Otjinungua in die noorde en daar is selfs in die Skedelkuspark in die weste van hulle opgemerk. Wie hulle gemaak het weet niemand nie en die wat weet, swyg saam met die stil figure.

Een hang waghalsig teen ‘n rotswand. Nog een bid vir reën. Elkeen vertel sy eie storie.

66095233_10206488627492080_485022595083665408_o-1024x683

Iewers het iemand ‘n blikkie in die klipman se hand gestop, sodat hy kan geld bedel vir ‘n sambreel teen die verseggende son. Dalk moet hy eerder belê in ‘n afdakkie?

Doer anderkant lê een op sy rug met sy hande agter sy kop en tuur bedags na die eindelose blou lug opsoek na wolkies en snags bewonder hy die sterrehemel.

66368059_10206488629772137_7150248368831201280_o-1024x451

VroetelVoete het egter op ‘n heel interessante artikel afgekom in die Rapport van 1 Julie 2018, geskryf deur Marzahn Botha. Klik gerus op die skakel, en gaan lees verder.

 

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

One thought on “Alle sandspore lei na Kaokoland se klipmense!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge