Vet, vetter, vetste: gaan stem vir die GROOTSTE beer in Alaska!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

As kilogramme vir jou tel en nie teen jou tel nie is dit mos vet pret!

En in Alaska is dit ‘n geval van ‘hoe groter, hoe beter’ want tydens hul Fat Bear Week 2019 kan die publiek die vetste bruin beer in die Katmai Nasionale Park, Alaska, kies!

Die wenner word gekroon op Dinsdag 8 Oktober en daar word gereeld foto’s geplaas wat jou sal help om vir die grootste beertjie – oftewel BEER – te stem. Indien jy jou stem wil dik maak, klik hier, maar lees eers verder oor hierdie die bere van Alaska.

Hierdie jaar is daar een voordeel vir die inskrywings want Beadnose wat die 2018 kompetisie loshande gewen het, neem nie deel nie. 

Daar word hartseer gefluister dat Beadnose al 20 jaar oud was en dat sy nog glad nie hierdie jaar opgemerk is in Katmai Nasionale Park nie. Daar word vermoed dat Beadnose die tydelike met die ewige verwissel het.

Die bere word hierdie tyd van die jaar so vet as gevolg van die kalorieryke salm wat stroom-op swem in die Brooksrivier wat deur die Katmai Nasionale Park vloei.

Fat Bear Week is groot pret. Dit word gedoen ter viering van lewe. 

En hier is dit geen skande om jou vetrolletjies uit te rol en ten toon te stel nie. 

Aikona. Hierdie keer is vet groot plesier en kan jy wegstap met die kroon!

elizabeth-meyers-c8XlAc1akIU-unsplash

Groot hoeveelhede liggaamsvet in bruinbere beteken dat hulle goeie gesonheid geniet en dat hulle kans om die winter te oorleef soveel groter is. Vet bere is gesonde bere.

Die Katmai Nasionale Park is nie ‘n gewilde plek vir besoekers nie, dus kan die bere feitlik onverstoorbaar eet. In 2018 het hulle maar 37 818 besoekers gehad teenoor die 4.1 miljoen besoekers van Yellowstone Nasionale Park.

Van Julie maand af eet die bere dus onophoudelik en kan hulle tot 4 pond (1.8144 kg) per dag in gewig aansit.

Die park strek oor ‘n vulkaniese landskap wat tot teen die see strek op die Alaska-skiereiland.

Tydens wintermaande wanneer die bere slaap, kan hulle tot ‘n derde van hulle liggaamsgewig verloor.

Dit slaan wetenskaplikes nog steeds dronk hoe bere maande lank skaars beweeg, as hulle hiberneer, en geen tekens toon van spier- en beenverswakking. Dit word baie nagevors, omdat dit nuttige inligting kan wees vir ruimtevaarders.

Klik op hierdie skakel van die Katmai Nasionale Park en gaan stem vir die beer van jou keuse… sodat die vetste…eh…gewigtigste beer kan wen!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge