OP EN AF: Besoek Tafelberg vir slegs R90

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Kan jy glo dat Tafelberg se kabelkarretjies al sedert 4 Oktober 1929 besoekers vervoer (en vermaak) om een van Kaapstad se grootste bakens te besigtig?

Praat van ‘n mylpaal!

Om hul 90ste bestaansjaar te vier gee Table Mountain Aerial Cableway vir Suid-Afrikaners die geleentheid om ‘n retoerrit op en af die berg te geniet teen slegs R90 gedurende Oktober.

Sjoe, wat ‘n winskopie, want die oorspronklike prys is R360 vir ‘n retoerkaartjie.

Solank jy ‘n geldige ID het (geboortesertifikaat vir kinders 17 en jonger) kwalifiseer jy vir hierdie aanbod tussen 1 Oktober 2019 en 31 Oktober 2019.

Jy kan jou kaartjies aanlyn koop – klik hier – of by die kaartjiekantoor op die dag.

Kinders jonger as vier kan die rit gratis geniet en hierdie aanbod mag nie saam met ander spesiale aanbiedinge gebruik word nie.

Vir meer inligting kan jy 021 424 8181 skakel of ‘n e-pos stuur na info@tablemountain.net.

tafelberg kabelkar

Paar interessante feite oor Tafelberg se kabelkar

  • In die laaste 90 jaar het meer as 28 miljoen mense al gebruik gemaak van die kabelkarre.
  • Daar is twee kabelkarre en elke kabelkar kan 65 passasiers neem.
  • Meer as 800 mense kan die rit geniet elke uur.
  • Die kabelkar se maksimum spoed is 10 m per sekond.
  • Dit neem 4 tot 5 minute om tot bo-op Tafelberg te kom met die kabelkar.
  • Die vloer van die kabelkar roteer en gee besoekers ‘n 360° uitsig.
  • Die kabels se lengte is 1200 m, dit weeg 18 ton en is geheg aan teengewigte wat elk 134 ton weeg.
  • Die kabelkar se ongelooflike lugdinamika en stabiliteit is as gevolg van sy sirkelagtige vorm.
  • Ongeveer 1 miljoen besoekers gebruik die kabelkar jaarliks.
  • Die kabelkar se basis is ‘n watertenk met ‘n kapasiteit van 3000 liter; dit word gebruik as vars drinkwater vir besoeker en as ‘n grondslag tydens winderige omstandighede.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge