Die liedjie wat aanhou speel in die Namibwoestyn: Africa deur Toto

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 3 minute

Die liedjie speel weer en weer en weer… die melodie styg uit bo die sanduine en die note bring die stiltes tot bedaring. Selfs die jakkalse luister.

Ek hoor vanaand die tromme
Ek seën die reën in Afrika
So seker as Kilimanjaro soos Olympus bokant die Serengeti styg…

Verbeel jou jy ry in die Namib woestyn. Langs jou skud die warm koffie in jou fles. Dit is net jy en jou skaduwee en die sagte dreuning van jou 4×4. Jou siel smag na die tydlose stilte wat slegs hierdie oeroue woestyn jou kan bied. Die stilte kruip oor jou menswees en voed die pyn wat na binne bloei.

Dit is net jy en jou Skepper.

Musiek kom oor die duine aangesweef. Skaars hoorbaar, jy luister fyn. Het jy jou dit verbeel? Jou eie radio speel al vir die afgelope dekade nie meer nie. Die musiek word harder en die lied speel oor en oor. Jy begin saam te neurie.

africa-1170014_1280

I hear the drums echoing tonight
But she hears only whispers of some quiet conversation
She’s coming in, 12:30 flight
The moonlit wings reflect the stars that guide me towards salvation
I stopped an old man along the way
Hoping to find some old forgotten words or ancient melodies
He turned to me as if to say, “Hurry boy, it’s waiting there for you”

It’s gonna take a lot to drag me away from you
There’s nothing that a hundred men or more could ever do
I bless the rains down in Africa
Gonna take some time to do the things we never had (ooh, ooh)

The wild dogs cry out in the night
As they grow restless, longing for some solitary company
I know that I must do what’s right
As sure as Kilimanjaro rises like Olympus above the Serengeti
I seek to cure what’s deep…

Jy stop en en klim uit en trap diep spore in die sand. Die skemerwolke is geskilder in karmosynskakerings.

Die liedjie speel weer en weer en weer… die melodie styg uit bo die sanduine en die note bring die stiltes tot bedaring. Selfs die jakkalse luister.

Jy verbeel jou dit nie, maar jy sal dit moet gaan soek, want die presiese ligging van waar die musiek vandaan kom, is nie bekend nie.

Toto Forever

Die “kunswerk” in die Namibwoestyn (voorsien aan die media deur Max Siedentopf self.)

Dit is die werk van die welbekende uitgesproke kunstenaar, uitgewer, ontwerper van Namibië, Max, oftewel, Maximilian Siedentopf; tans woonagtig in Londen en mede-eienaar van KesselsKramer ‘n internasionale kommunikasie-agentskap.

Max wil hê dat die sonkrag-aangedrewe MP3 speler die ikoniese liedjie van Toto, Africa, eindeloos moet speel. En op sy webwerf sê hy dat die sonkragbatterye sal sorg dat die liedjie tot in ewigheid sal speel!

En daarmee wil hy met sy kunswerk hulde bring aan Afrika. En hy noem dit dan ook: TOTO FOREVER.

Die liedjie “Africa” is deur die Amerikaanse rock-groep, Toto, in 1981 vrygestel en is in 2017 aangewys as die mees gestreamde liedjie met meer as 440 miljoen mense wat al daarna gaan kyk het op YouTube.

Max het aan die BBC gesê hy wil hê dat die installasie die beste eerbetoon moet wees aan Afrika in Afrika fisies moet uitstal. Hy voeg by, “Sommige (Namibiërs)is mal daaroor en ander sê dit is waarskynlik die slegste klankinstallasie ooit. Ek dink dit is ‘n wonderlike kompliment.”

Max het hierdie ongewone kunswerk self gaan oprig op ‘n onbekende plek in die oeroue Namibwoestyn – wat volgens skatting 55 miljoen jaar oud is. Max spreek dan ook die hoop uit dat sy kunswerk oor nog 55 miljoen jaar gehoor sal word in die weggesteekte duine van die eensame Namib.

Maar dit vat kopkrap om dit te vind want die presiese ligging van die kunswerk word verswyg deur die kunstenaar. Volgens Siedentopf is dit soos ‘n skat wat slegs die getrouste Toto-aanhangers sal vind.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge