6 Doendinge in die geurige Friemersheim

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 3 minute

Friemersheim is in 1870 gestig as ‘n sendingstasie deur dominee Johann Kretzen. Dit is klein plekkie, sowat 15 km van Groot Brakrivier in die omgewing van Mosselbaai. En wat lyk asof dit ‘n slaperige vergete area is, is eintlik ‘n  warm vriendelike gemeenskap met ‘n l geurige atmosfeer wat beslis van nader ondersoek moet word.

Om die juweeltjies en entrepreneurs in die gemeenskap te vier, het die eerste Friemersheim Fragrance Fest in 2015 die lig gesien en sedertdien gaan dit van krag tot krag. Die 2020 fees dra alreeds sy beplanningskoene en op 14 Maart 2020 word die gemeenskap se 150ste bestaansjaar gevier; tydens die 6de Fragrance Fest sal daar ook ‘n boek vrygestel word oor Friemersheim.

6 Doendinge in Friemersheim

Maak ‘n groot aantekening in jou dagboek vir die volgende Frangrance Fest en gaan verken Friemersheim; beleef die hartlikheid van hierdie gemeenskap en dwaal tussen die interessante stalletjies.

Hier is twee kaarte wat jy baie nuttig gaan vind tydens jou besoek aan Friemersheim.

Friemersheim DIY walk/drive.

Fragrance Route Map  (vanaf 2019 se fees).

Die kerk in Friemersheim 

Hierdie ou Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in die skadu’s van  ou bome rus, is beslis ‘n besoek werd en ook ‘n goeie vertrekpunt vir jou Friemersheim-ontdekkings.

Friemersheim

Die Shweshwe Stop

Shweshwe en Suid-Afrika is soos vinkel en koljander en die geskiedenis kan nageslaan word tot 1000 nC as die oorspronklike handelsdoek wat aan die ooskus van Afrika gebruik was. Die Shweshwe Stop in Friemersheim eer hierdie ikoniese materiaal deur die verkoop van ‘n reeks speelgoed, kombuisware en hul vlagskipproduk, die ‘PROEbag’ wat as ‘n vuurlose kookkas dien. Alle items in die winkel word gemaak deur vroue uit die Friemersheim-gemeenskap. Dit is ook by hierdie winkel waar jy  meer te wete kan kom oor die Volkwyn Stoel (riempiesstoel) wat van Friemersheim afkomstig is.

Klik hier vir die Shweshwe Stop kaart.

Friemersheim

Friemersheim se Kwekery

Stap deur die laventelprojek by die Friemersheim Kwekery; daar is ‘n verskeidenheid laventelplante te sien en te koop vanaf slegs R20 per plant.

Vir meer inligting skakel gerus vir  Petra by 082 957 7715.

Friemersheim

Hester Uithaler se “Garden and Tea & Something Sweet Shop”

Hester Uithaler se vrolike tuin is gevul met gekleurde waterbottels, vreemde matoeters hier en daar en ‘n groentetuin. Bespreek vooraf en lê weg aan Cinty se smaaklike melktert en Petra se laventel-koeksisters, asook Hester se bobotiebondeltjies.

Indien jy toevallig op Hester se tuin afkom, kan jy altyd aan haar deur klop vir ‘n koppie varsgebroude tee of ‘n glas koue tuisgemaakte gemmerbier.

Vir meer inligting en om ‘n afspraak te maak, kontak Hester by 063 110 0948.

Friemersheim

Kobus Halliday se motorversameling

Van Cadillac na Crysler, hier gaan die petrolkoppe beslis vashaak. Gaan besoek gerus Kobus se indrukwekkende private versameling van meer as 100 klassieke motors.  Daar is egter ‘n paar reëls; geen kinders onder 14 jaar nie, jy moet 24 tot 48 uur vooraf ‘n afspraak maak en ongelukkig mag jy nie foto’s neem nie. 

Toegang is R50 per persoon. 

Vir meer inligting en om ‘n afspraak te maak, skakel Kobus by 082 9707 213.

Friemersheim

Brother’s Coffee Roastery

As jy die taal van koffie verstaan, of wil uitvind wat die geheim van die perfekte koppie is, spandeer tyd by Brothers Coffee Roastery. Pragtige dinge gebeur wanneer passievolle mense baristas en koffieroosters word en jy móét dit proe.

Gaan proe gerus iets uniek en klik hier om meer te lees: Coffee Experiences in Mossel Bay.

Friemersheim

Hierdie artikel is vertaal en aangepas vanaf VROETELVOETE se susterpublikasie, www.goingsomewhereslowly.com.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge