Geen kwarantyn vir Suid-Afrikaners in hierdie 7 lande

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

‘n Reis buite die grense van Suid-Afrika klink soos ‘n vreemde konsep al vir die laaste jaar en as gevolg van die 501Y.V2 variant van Covid-19 maak dit Suid-Afrikaners se toegang tot sekere lande moeilik, en vir sekere lande totaal onmoontlik.

Navorsing van Oxford Economics het aangewys dat daar 3 groot Covid-variante is en die variant uit die Verenigde Koninkryk is meer wydverspreid as 501Y.V2 — en ten spyte van dit is daar steeds meer beperkings vir reis uit Suid-Afrika.

Skyscanner het ‘n kaart-hulpmiddel opgestel om te wys watter lande wie toelaat, en ook wat van jou verwag word indien jy wel besluit om koers te kies na die buiteland.

Van kwarantyn tot geen toegang

Soos dele van die wêreld al hoe meer oopmaak, trek Suid-Afrika aan die kortse end. ‘n Totaal van 117 lande lande (109 vir die VK) het Suid-Afrika geplaas onder hewige beperkings wat beteken dat reis na hierdie lande gesluit en onmoontlik is, en dat jy slegs toegang kan kry as ‘n burger is of in ‘n kategorie val van van sekere streng vereistes. Hierdie lande sluit in, onder andere, België, Australië, Kanada, Frankryk, Japan en die Verenigde Koninkryk.

Daar is 101 lande (116 vir die VK) wat wel hul deure oophou vir Suid-Afrikaners, soos Suid-Korea, Namibië, Zimbabwe, Meksiko en Sri Lanka, maar met beperkings natuurlik wat kan insluit: ‘n negatiewe Covid-19 toets en ‘n kwarantynperiode wanneer jy arriveer.

En die 7 lande (0 vir die VK) wat ja sê vir ons sonder enige kwarantyn? Wel hierdie lande is nie noodwendig op jou reislysie nie:
Afghanistan,
Albanië,
Sentraal-Afrikaanse Republiek,
Costa Rica,
Nauru,
Noord-Macedonië, en
Tonga.

Reg oor die wêreld word daar lyste opgestel van entstowwe en toetse wat aanvaar word vir toegang tot sekere lande. Australië en Nieu-Seeland staan saam dat burgers heen en weer kan beweeg sonder enige verpligte kwarantyn, asook Singapoer en Hong Kong. En Sjina aanvaar slegs reisigers wie ingeënt is met entstowwe vanaf hul eie farmaseutiese reuse, entstowwe wat nog nie goedgekeur is in Europa, die VSA en vele ander lande nie.



0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *