Gratis toegang tot hierdie 19 SANParke!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

SANParke vier binnekort hul 14de jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek en dis amper weer tyd vir Suid-Afrikaners om die kans te gryp van gratis toegang tot sekere parke.

Parkeweek is ‘n inisiatief wat hul filosofie van ‘n volhoubare stelsel van nasionale parke – wat die samelewing met mekaar verbind – aanmoedig en word aangebied in samewerking met Total SA en FNB.

Hierdie jaar se Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek vind plaas vanaf 8 tot 15 September 2019 en dit sluit uiteindelik – na jarelange se versoeke van Suid-Afrikaners – ‘n naweek ook in!

Gratis toegang geld nie vir Namakwa Nasionale Park, Tafelberg Nasionale Park en die pikkewynkolonie by Boulders nie maar daar is steeds ‘n totaal van 19 parke wat gratis besoek kan word gedurende hierdie week.

High in Kruger 10

Hier is die parke wat jy GRATIS kan besoek.

Oos-Kaap

Addo Olifant Nasional Park
Naaste stad/dorp: Port Elizabeth

Klik hier om meer te lees oor Addo.

Kamdeboo Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Graaff-Reinet

Klik hier om meer te lees oor Kamdeboo.

Bergkwagga Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Cradock

Klik hier om meer te lees oor Bergkwagga.

Tuinroete Nasionale Park – Stormsrivier (Tsitsikamma)
Naaste stad/dorp: Plettenbergbaai

Klik hier om meer te lees oor Stormsrivier.

Wes-Kaap

Agulhas Nasionale Park
Naaste stad/dorp: L’Agulhas/Struisbaai

Bontebok Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Swellendam

Tuinroete Nasionale Park – Nature’s Valley, Knysna & Wilderness
Naaste stad/dorp: Plettenbergbaai tot George

Klik hier om meer te lees oor die Tuinroete.

Karoo Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Beaufort Wes

Weskus Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Langebaan

Noord-Kaap

Augrabies Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Kakamas/Upington

Kgalagadi Transfrontier Park
Naaste stad/dorp: Upington

Mokala Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Kimberley

Tankwa Karoo Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Sutherland

Ai-Ais/Richtersveld Transfrontier Park
Naaste stad/dorp: Port Nolloth / Sprinbok

Vrystaat

Golden Gate Hoogland Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Clarens

Klik hier om meer te lees oor Golden Gate.

Limpopo / Mpumalanga

Kruger Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Phalaborwa / Hoedspruit / Nelspruit

Klik hier om meer te lees oor Kruger.

Mapungubwe Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Musina

Marakele Nasionale Park
Naaste stad/dorp: Thabazimbi

High in Kruger 6

Vir meer inligting, besoek www.sanparks.org.

Hou in gedagte dat gratis toegang nie gratis akkommodasie of aktwiteite insluit nie.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge