Help, daar’s ’n insek op my bord: SA se nuwe INSEK-restaurant

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Gogga maak vir baba bang? Nee, gogga maak ons almal bang.

As die blote gedagte van kriewelrige insekte jou kriewelrig maak moet jy dalk liefs verby Suid-Afrika se nuwe insek-restaurant loop.

blue-sky-bright-cicada-1167052

Kaapstad krieol met hope interessante eetplekke en of jy nou vegan of glutenvry is, daar is iets vir ieder en elkeen, maar The Insect Experience vat dinge ‘n springkaanhop of vier verder.

Mario Barnard is die sjef agter die maaltye geïnspireer deur insekte soos larwes, mopaniewurms en meelmiete. Die inspirasie vir sy koseksperimente het nader gekruip na ‘n reis deur Thailand waar hy aan skerpioene en tarantulaspinnekoppe geknaag het.

The Insect Experience restaurant maak 11 Julie oop onder Gourmet Grubb, dieselfde maatskappy wat gogga-roomys na die Kaap gebring te danke aan Entomilk, ‘n suiwel alternatief gemaak van insekte wat glo vol voedingswaarde is asook omgewingsvriendelik en ‘n volhoubare bron van kos. Gourmet Grubb, ‘n Suid-Afrikaanse maatskappye, het die lig gesien in 2017 te danke aan produkbestuurder, Leah Bessa se navorsing oor insekte as ‘n bron van proteïen en dit het gelei tot die gogga-roomys wat glo enig in sy soort is in die wêreld.

‘n Paar van The Insect Experience se disse – wat ook beskikbaar is by die GOODFood Mark in Woodstock, Kaapstad – sluit in die  Pronkertjie vlieglarwe  krokette met mopanie hummus dip, mopanie-polenta skyfies en daar is ook diepgebraaide donker sjokolade vlieglarwe roomys wat gesprinkel is met vlieglarwe proteïenballetjies .

En as dit jou engisins gaan help met die gril, moenie kommer nie, die vlieglarwe is nie jou doodgewone kommin huisvlieg nie, dis ’n meer spesiale outjie, die swart soldaatvlieg. En hierdie vlieg het blykbaar hope gesondsheids- en omgewingsvoordele. Daar is al vele studies gedoen oor hierdie vlieënde diertjie, byvoorbeeld, het jy geweet dat hierdie vlieg menslike blyplekke vermy en nie as ‘n pes beskou word nie?

annelie-turner-adrNlUcUjWc-unsplashOntspan, hierdie brommer sal nie op jou bord beland by The Insect Experience nie.

Gourmet Grubb wil graag mense se siening oor insekte verander en jy kan jouself net indink watter bemarkingsnagmerrie dit moet wees. Jy kan daai dis optooi met eetbare blomme en mikroblaartjies maar ‘n larwe bly tog steeds ‘n larwe, so jy beter opdaag met ‘n stewige aptyt en ‘n nog stewiger kopskuif.

Maar hier is vir jou iets om oor te dink:

Die wêreld se mense raak meer, die beskikbare grond word minder… is insekte in kos werklik so verregaande? As springkane en spinnekoppe gebruik word in kos in ander lande, is ‘n ou mini meelmiet nou so erg? Ons eet alreeds die gebraak van bye.

Doen jouself ‘n guns en gaan lees meer oor Gourmet Grubb en hul visie. Besoek ook Business Insider se artikel, South Africa’s first all-insect restaurant is open for business – and the bugs are delicious, en loer na die disse wat ‘n paar fynproewers probeer het.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge