Hulle harte is groter as hulle doedelsakke!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 5 minute

Die Highlanders was al ‘n paar keer Engeland toe om voor die Koningshuis van Brittanje te gaan optree, voor die Koninginmoeder en die Koningin self, tydens hulle onderskeie verjaarsdae.

Die Cape Town Highlanders Pipe Band is in 1885 gestig en is meestal afstammelinge van Skotse immigrante na Suid-Afrika. Hulle gesamentlike passie vir Skotse-kultuur en -musiek is bewonderenswaardig en hulle musiek is van top gehalte.

Nie net tree hulle op by privaatfunksies, soos troues, partyties en begrafnisse nie, maar hul musiek vat hul ook oral oor die wêreld. Hulle het opgetree op die 100ste verjaarsdagparade van die Koninginmoeder en ook deelgeneem aan haar begrafnisstoet in 2002. 11 Junie 2016 het hulle aan die viering van haar majesteit Die Koningin se 90ste verjaardag by Windsorkasteel deelgeneem.

Hier staan Bruce, heel regs, saam met van sy mede lede terwyl hulle “tune” voor hul optrede by Huis Uitsig in Parow-Noord op Internasionale Verpleegstersdag.

“Die verskil met baie ander instrumente is die vlak van fiksheid en sterkte wat ‘n mens moet hê, wat hoër is as enige ander instrument wat ek ken. Ons het ook geen musiekstaanders! Dit vat baie oefening om al die musiek goed genoeg te leer!” sê Bruce Isdale van die Cape Town Highlanders Pipe Band.

“Ek was 37 jaar oud toe ek begin speel het. Ja, ek het laat begin. Dit was my oupa se wens dat ek speel. Ek wou dit graag vir hom speel. Maar die lewe het eers met my ‘n paar besige draai geloop.”

Bruce is gebore in Chinhoyi, ‘n klein plaasdorpie in Zimbabwe, waar sy pa die plaaslike veearts was. Toe Bruce 5 geword het, het die gesin verhuis na Westville, net buite Durban.

Bruce vertel voorts dat albei sy ouers van musiek hou en so bietjie klavier kan speel, maar dat Oupa Isdale ‘n gesoute doedelsakspeler was.

Ons vra Bruce waarom hy eers op 37 jarige ouderdom begin speel het?

Hy antwoord: “Ek was te baie besig met ander goed. Ek het vir 13 jaar in Londen gewoon en voltyds studeer. Daarna het ek meer tyd vir myself gegun. My ouers het op daardie stadium ook na ‘n nuwe huis getrek, en my pa het my oupa se doedelsakmusiek en oefen chanter (waarop ons tunes leer) gevind, en vir my gegee. Ek het die Cape Town Highlanders Pipe Band se Pipe Major gebel, and the rest is history!”  

Vir die leek lyk dit na ‘n baie moeilike instrument om te speel – is dit moeilik? 

“Dit is! Ongeveer 1 of 2 uit elke 10 wat begin leer, gaan aan om doedelsak te speel. ‘n Mens moet eers die oefen chanter leer speel voordat jy die doedelsak kan aandurf. Hulle sê in Skotland 7 years makes a piper; dit verg harde werk en deursettingsvermoë, en soos my vrou sê, hardkoppigheid!

Bruce vertel hy was baie gelukkig om as kind die tjello in ‘n klassieke orkes te speel, en dat hy sommer baie daarvan gehou het.

Hy hoop dat sy seun (8) ook eendag die doedelsak sal speel, maar weet dit sal net gebeur as hyself die begeerte daarvoor gaan ontwikkel.

Bruce het Augustus 2015 aangesluit by die Cape Town Highlanders Pipe Band.

Daar is ongeveer 25 Highlanders waarvan 6 vroue is en dit sluit ook lede in wat nie gereelde spelers is nie. Die oudste doedelsakspeler is 82 en die dromspeler, wie tans 12 jaar oud is, het aangesluit het toe hy slegs 8 jaar oud was; albei sy ouers is ook Higlanders — en hulle albei speel die doedelsak. Dus is daar 10 gereelde doedelsakspelers en 6 dromspelers. Voor ‘n kompetisie oefen hulle ten minste twee keer per week.

Buce vertel verder dat ‘n gereelde speler ten minste 2 tot 3 jaar hard moet oefen voor hulle kan deelneem aan ‘n kompetisie.

“En dan moet jy verby die Pipe Major kom. As hy dink jy is reg, dan weet jy, jy is reg,” skerts Bruce terwyl hy guitig glimlag.

Is daar grade? Skryf julle ook eksamen en indien waar? 

“Die Cape Town Highlanders ding mee as ‘n grade 3-band onder die fel kompetisies in Suid-Afrika. Die RSPBA (Royal Scottish Pipe Band Association) bepaal die graderings wêreldwyd. Daar is geen eksamens. Die beoordeelaars van die PBASA beoordeel die optrede in kompetisies, en ken dan graderings toe.

Wat is die prys van so doedelsak — en moet jy dit bestel — want mens sien dit nie sommer in enige musiekwinkel nie?

“As jy ‘n stel kry wat egte silwer mounts het, kan hulle tot R100 000 gaan. Die goedkoopste is omtrent R12 000. Maar die meeste is tussen R15 000 en R20 000.

Is daar plekke in SA waar dit bekombaar is?

“Ja! Chris Terry in Grahamstad maak baie goeie doedelsakke en selfs mense van oorsee bestel dit. Daar is ook ouens wat doedelsakke invoer en hier aanlyn verkoop. Ek het myne direk van Skotland af bestel.”

Kry jy verskillende groottes of is almal dieselfde grote?  

“Die meeste is almal omtrent dieselfe grootte — die grootste verskil is die grootte van die sak, en jy kan small, medium, large of x-large kies. ‘n Mens kry kleiner stelle vir kinders, maar daar is nie baie van hulle nie — gewoonlik leer kinders as tieners, en baie van hulle is dan al groot genoeg om die normale stel te speel.

VroetelVoete het Bruce en sy 4 mede spelers raakgeloop by Huis Uitsig, waar hulle spesiaal die stadsverkeer aangedurf het om vir die Verpleegpersoneel te gaan speel, tydens Internasionale Verpleegstersdag.

Die Cape Town Highlanders Pipes Band het tydens die grendeltydperk by verskeie hospitale gaan optree vir die gesondheidswerkers.

VroetelVoete wil namens die gesondheidswerkers baie dankie sê aan die Cape Town Highlanders, en dat hulle vir soveel gedurende hierdie tydperk die unieke ervaring kon gee om hul in aksie te sien.

Om die Cape Town Highlanders te huur vir jou funksie, kontak Mike Taljaard by 0826636473.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *