Hierdie vrou van Jan Kempdorp is méér as net ‘spietkop’

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

“Nee Boetie! Dink voor jy hardloop!”

“Ek het my vlerke gesprei en word toe die eerste vroulike instrukteur by die Verkeerskollege, asook die eerste vroulike toesighouer in Suid-Afrika”

Sy mag ‘n ouma wees van 6 kleinkinders, en sy mag dalk tingerig lyk, maar Boetie, dink twee keer voor jy vir haar weg hardloop.

Elsa Jonck van Jan Kempdorp, in die hartjie van die Vaalharts, is ‘n oud-Suidwester, gebore in Okahandja,Namibië waar sy haar jongmeisie drome gedroom het om eendag verpleegster te word.

Maar die dobbelsteentjies het vir haar anders geval en sy het ‘n verkeersbeampte geword in Pretoria.

20190717_173223

Nee, sy is nie ‘n spietkop nie. Sy is ‘n regte dame wat hou van koek bak, visvang en om haar familie te bederf.

Elsa het onlangs haar seun se troukoek gebak. Dit was ‘n tweesitplek John Deere trekker, want die ‘bruid en bruidegom’ moes daarop kon sit.

Sy het reeds in 1998 haar kollege-jaar voltooi en is al 21 jaar in die mag.

Elsa vertel dat toe sy aangesluit het was daar nog net een vrou in die destydse Transvaal se provinsiale verkeer, maar selfs dié het later bedank, en tot gevolg was Elsa die enigste vrou in verkeer destyds.

“Ek was nie in die mees gemaklike omgewing om my werk te doen nie, maar ek was bereid om op te offer en hard te werk,” vertel Elsa.

“Ek moes ook maar die koue, hitte en reën trotseer net soos my manlike kollegas. Gelukkig het hulle my nog altyd as een van hulle gesien. Ek was nie nooit anders behandel nie.”

60721872_596492930847164_5361522578856869888_o

Op ons vraag of sy al ooit bang was antwoord sy: “Ons werk altyd van 2 tot 3 beamptes saam in ‘n voertuig. En ek moes altyd die jaagwerk doen!” sê sy met ‘n stout glimlaggie en oë waarin jare se pret en herinneringe blink.

Toe Elsa gaan uitpasseer het vir haar motorvoertuiglisensie het sy met haar pa se Volkswagen Kombi gegaan. Dit was seker die verkeersbeampte se gesig van verbasing wat haar laat besluit het om ook een te word.

Sy vertel verder: “ Daar was baie gevalle waar ek in gevaar was. Elke voertuig wat gestop word is ‘n bedreiging. Veral om ‘n voertuig wat gehijack is af te trek. Een keer het die hi-jackers probeer ontvlug, maar ons het hulle gevang.”

“Ons hardloop gereeld agter misdadigers aan! En moet ook soms in die grond duik wanneer daar op ons geskiet word. Maar in so situasie is jy glad nie bang nie. Daar is nie tyd om bang te wees nie! En jy mag nie bang wees om in so situasie in te gaan nie!”

Vandag is Elsa Jonck hoof van die verkeersafdeling van Jan Kempdorp, oor haar kleintydse drome om verpleegster te word, word daar nou net gelag…

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

One thought on “Hierdie vrou van Jan Kempdorp is méér as net ‘spietkop’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge