Die klipmense van Kaokoland bly ‘n raaisel in Namibië

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Die klipmense van Kaokoland is lewensgroot en meesterlik geskep uit die rots van hulle omgewing.

Uit elkeen se postuur straal sy persoonlikheid.

Sommige staar ver oor verlate vlaktes – opsoek na verdwaalde stofwolkies in ‘n vergete wêreld.

KLIP-MENSE VAN KAOKOLAND

Hulle is gemerk tot nommer 37, maar almal is nog nie gevind nie.

Elke figuur het ‘n skyfie met ‘n nommer en ‘n boodskap waarheen dit gaan…

KLIPMENSE VAN KAOKOLAND

KLIPMENSE VAN KAOKOLAND

Blykbaar begin hulle by Puros in die suide, Van Zyl’s pas in die ooste, Otjinungua in die noorde en

daar is selfs in die Skedelkuspark in die weste van hulle opgemerk.

Wie hulle gemaak het weet niemand nie en die wat weet, swyg saam met die stil figure.

KLIPMENSE VAN KAOKOLAND

KLIP-MENSE VAN KAOKOLAND

Die kunstenaar het dit reggekry om ‘n opelug galery oor ‘n wye gebied te skep.

Om enige raaisel begin legendes te vorm – sommige vertel dat klipmanne regte mense was, wie

se liefde vir die land so groot was dat hulle vrywilliglik tot klip verander het om vir ewig deel te word

van hierdie vergete landskap.

KLIPMENSE VAN KAOKOLAND

KLIPMENSE VAN KAOKOLAND

En miskien as jy die tydlose eensaamheid van die Kaokoland gaan opsoek om jouself te vind, sal

hierdie klipmense jou met hulle stilte omarm.

KLIPMENSE VAN KAOKOLAND

Baie dankie aan House on the Hill asook Lanie Du Raan Badenhorst vir gebruik van jul foto’s! Dit word opreg waardeer.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

One thought on “Die klipmense van Kaokoland bly ‘n raaisel in Namibië

  1. Paul.S.Cloete

    Die mannetjie onder die boom , jul laaste foto , se maaitjie is nie meer met hom nie. Ek was by hom op die 6 /08/2019.
    Wonder net wie sou nou so iets doen om sy maat te steel.
    Groete Paul.S.Cloete

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge