Michael, die entrepreneur onder Vredehoek se 113 jaar oue boom

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 3 minute

Hy woon onder ‘n boom wat 113 jaar oud is en hy droom om eendag huistoe te kan gaan, net agter Bloemfontein.

IMG_4635 (1)

Micheal Yettsin (45) woon op die sypaadjie onder ‘n 113 jaar oue boom, op die hoek van die M3 en Clivestraat, Vredehoek, saam met sy jare lange vriend. Hulle is soos Dawid en Jonathan.

Onder hierdie boom droom en werk hy al vir vier jaar.  Maar eendag sal hy terug gaan na sy ouers. As hy baie geld het. En hy wil ‘n groot huis bou en vrou vat en baie kinders hê.

“Nee, daar is op die oomblik nie ‘n spesiale dame in my lewe nie. En ja, ek bel soms huis toe na my ma en pa van die tiekieboks af,” vertel hy en kyk doerie kant toe om die heimweë in sy oë te verberg.

Veral as hy die Lotto wen. Dan gaan hy die geld net so bank toe vat en aan sy drome bou.

Maar vir nou moet hy eers ‘n bestaan maak onder hierdie boom. Wat hy ook probeer om te doen vir die afgelope 4 jaar. Hy vertel dat hy eers 3 jaar in Loopstraat op die sypaadjie gewoon het, naby die hospitaal, maar is daar weggejaag.

Michael vertel self: “Ek het nie ‘n talent nie. Ek kan net olifante en renosters en ander diere maak.”

Sy vriend val hom in die rede, “En karre en enige ding. Jy kan hom net vra!”

IMG_4642 (1)

Michael vertel dat ‘law enforcement‘ sy grootste probleem is, want hulle vat sy goed af. Dan raak die geld skraps. En moet hy van vooraf sukkel.

Hy maak palette bymekaar en daaruit bou hy sy kunswerke. Met ‘n houtsaag, gom en spykers.

IMG_4631 (1)

“As dit goed gaan, maak ek tot R700 per week met my kunswerke”, spog en lag hy breed.

Die boom bied skuiling en stoorplek.

IMG_4648 (1)

Michael is ‘n kind van die buitelewe. Hy vra min. Hy leef voluit. Hy droom daarvan om genoeg geld te kan hê om ‘n ambag te kan loop. Hy droom daarvan om huis toe te kan gaan.

Eendag.

Maar tot tyd en wyl is sy werksplek op die sypaadjie van die M3 waar hy ‘n bestaan probeer maak.

IMG_4652 (1) (1)

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge