Sjef Judi Resepte: Kasjoeneut Visfilet

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

‘n Vissie en ‘n tjippie is altyd lekker, maar jy kan soveel meer doen met vis as net die gewone diepgebraaide en oliebelaaide vis. Wat van ‘n heerlike stukkie vars stokvis met ‘n kasjoeneutkors?

Plus, hierdie resep is heelwat gesonder! En wanneer jy stokvis gebruik is dit ook in lyn met WWF SASSI se groenlys. Het jy geweet wanneer jy een van die visspesies op die groenlys kies speel jy ‘n rol in ‘n gesonder en meer volhoubare toekoms vir ons oseane?

BESTANDELE

VIR DIE KASJOENEUT-BOLAAG:
½ koppie geroosterde kasjoeneute
50g stadig-gesmelte botter
10g basiliekruid
1 x knoffelhuisie
Seesout & peper

VIR DIE KASJOENEUTKORS VISFILET:
2 x 200g visfilette
2 x knoffelhuisies
2 x koppies botterskorsie (in blokkies)
200g dun groenbone
10g vars kruisementblare
Olyfolie
Balsamiese asyn
Suurlemoen

KASJOENEUT VISFILET METODE

VIR DIE KASJOENEUT-BOLAAG
1) Sit al jou bestandele in ‘n voedselverwerker, and meng dit totdat ‘n pasta gevorm word.
2) Smeer dit op waspapier, sit nog ‘n vel waspapier bo-op en plaas in yskas.

VIR DIE VISFILET
3) Voorverhit jou oond (op rooster).
4) Smeer botterskorsie met olyfolie, sout, en peper en plaas die heel knoffelhuisies saam met dit in die oond totdat gaar.
5) Meet en sny uit twee blokke/reghoeke van die kasjoeneut kors (nou al geset soos botter) wat bo-op die vis sal pas en plaas eenkant.
6) Panbraai jou vis vir 3 minute, druk vars suurlemoensap oor dit uit, draai die vis om in die pan en plaas jou kasjoeneutkors bo-op (onthou om die waspapier te verwyder).
7) Plaas jou vis in die oond (kasjoeneutkors na bo), onder die rooster.
8) Gryp nog ‘n pan met lekker warm olie, en voeg die rou bone by. Jy sal brandmerke opmerk op die bone, maar dit gee dit ekstra geur. Sprinkel sout en peper en voeg nou die gaar botterskorsie by.
9) Jy is reg om jou dis te bedien! Plaas jou botterskorsie, semi-gebrande groenbone en vars kruisementblare op die bord, en sit die stokvis bo-op.
10) Voltooi die dis met geroosterde kasjoeneute bo-op, bietjie olyfolie en balsamiese asyn.

Geniet dit!

Sjef Judi

KYK OOK

Ek gesels met drie legendariese sangeresse van Kaapstad, Three Tons of Fun, en kook vir hulle bunny chow, regte afval (‘n eerste vir my) en fritto misto, ‘n Italiaans-geinspireerde seekos dis wat alles bevat van oesters tot kalamari.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *