Karwag? Nee dankie, ek het my S-S-SLANG!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Nee, dit is nie Dawid en Jonathan nie, maar wel Jonathan en Dumerol!

“Niemand lol met my motorfiets nie, al los ek dit sommer so oepe!” verklaar Jonathan, en lag wye mond, terwyl hy oor Dumerol se gladde lyf streel.

Jonathan en Dumerol is ‘n bekende gesig in die voorstede van Kaapstad.

wp_ss_20161231_0004 (1)

Bel jy vir ‘n aflewering, moet jy dus glad nie verbaas wees as Jonathan voor jou deur stop en ‘n sewe meter lange luislang van sy nek afhaal nie. Hy “drapeer” die slang versigtig oor sy motorfiets. Dan gaan haal hy jou pakkie agter uit die vervoerkissie, en los — sonder om twee keer te dink — slang en motorfiets, sonder toesig, op die sypaadjie of parkeerterrein.

“Niemand lol met my motorfiets nie, al los ek dit sommer so ‘oepe’!”verklaar Jonathan Pharaoh (64) van Capricorn, Muizenberg en lag wye mond, terwyl hy oor Dumerol se gladde lyf streel.

Ek kon sweer die yslike slang maak purr-geluide van tevredenheid.

“Terwyl ek die pakkies aflewer, pas Dumerol die motorfiets op.”vertel Jonathan.

Dumerol is nie sommer van hier nie. Tien jaar gelede het Dumerol van Swede af gekom en vandag is hy al meer as twee meter lank en weeg ‘n almintige sewe kilogram!

Nuuskierig vra ek waar Dumerol slaap.

“By my op die bed! Veral naweke as my vrou, Martha nie by die huis is nie. Dan is daar ook nog Buddy, my Boerboel, wat moet stoei vir ‘n plekkie op die dubbelbed!”wp_ss_20161231_0005 (4)

Jonathan vertel met ‘n vonkel in die oog, dat sy helmet een keer gesteel is, maar vandat Dumerol hom vergesel, loop mense wye draaie om hulle.

“Ek kan Dumorol net so los. Niemand sal iets steel nie. Mense sal liewer om die motorfiets en die slang begin rond staan en wag dat ek moet terug kom, om my vrae te vra. Jy sien, Dumerol pas die motorfiets op, en die mense pas Dumerol op!” lag Jonathan lekker terwyl hy Dumerol oor sy skouers drapeer, sy motorfiets aanskakel en weg ry, want hy en sy “sekuriteitswag” het nog baie pakkies om af te lewer.

wp_ss_20161231_0003 (2)

Gee jou opinie. Wat dink jy, is slange ‘n goeie alternatief vir ‘n troeteldier?

*Vrywaring: VroetelVoete vertel en deel bloot stories; opinies en menings van die met wie ‘n onderhoud gevoer word is nie noodwendig die opinie en mening van VroetelVoete nie.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge