Noord Korea val die kuberruimte van Suid-Afrika aan

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 1 minute

Suid-Afrika was een van 17 lande geslaan deur ’n onlangse aanval deur Noord-Korea in ’n poging om geld te verkry vir hul wapens van massa-vernietiging volgens ’n berig deur die Associated Press.

Daar word gesê dat Noord-Korea tot en met $2 biljoen (R28.4 biljoen) ingevorder het deur kuberkriminele aktiwiteite.

Ander lande wat geteiken is sluit in Kosta Rica, Gambië, Gautemala, Kuwait, Liberië, Malaysië, Malta, Nigerië, Poland, Slovenië, Tunisië en Vietnam terwyl Suid-Korea, Indië, Bangladesj en Chili melding gemaak het van meer as een aanval.

Alhoewel daar nie spesifieke inligting is oor die aanval op Suid-Afrika nie is daar wel drie metodes wat Noord-Korea gebruik het om geld te verky:

  • Aanvalle op die SWIFT-sisteem wat gebruik word vir transaksies tussen banke in verskillende lande.
  • Kriptogeld ruilings en individuele houers se ‘tokens’ is gesteel.
  • Kriptogeld ‘mining’.

Noord-Korea het blykbaar toegang gekry tot die bank se infrastruktuur en tot die rekenaars van werknemers om die SWIFT-sisteem aan te val, daar is bedrieglike boodskappe gestuur en die bewyse is vernietig.

Daar is kripto-kapingsaanvalle opgespoor wat verbind word met Noord-Korea, asook die WannaCry ransomware-aanval wat vele Suid-Afrikaanse maatskappye, soos byvoorbeeld Telkom, getref het word gekoppel aan Noord-Korea.

Gaan lees die volle berig op www.businesstech.co.za asook die Associated Press se berig, “UN probing 35 North Korean cyberattacks in 17 countries”.

markus-spiske-70Rir5vB96U-unsplash

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge