Ons groet ‘n legende: Shaleen Surtie-Richards

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 1 minute

Die bekende aktrise, Shaleen Surtie-Richards, is op die ouderdom van 66 oorlede in Kaapstad in die oggendure van 7 Junie.

Shaleen Surti- Richards het in (t)alle Suid-Afrikaners se harte gekruip. Vir baie was sy bekend as ‘Nenna van Egoli’. En selfs al het die sepie meer as ‘n dekade terug tot ‘n einde gekom, het daardie naam bly staan tot vandag toe, en so sal ons haar onthou: borrellend en sprankelend.

Tydens haar loopbaan van meer as 40 jaar het sy geskitter en vermaak in vele verhoogproduksies en programme op televisie. Ons onthou haar ook vir haar rol in 1988 se vertolking van Dalene Matthee se boek, Fiela se Kind, haar komediesketse saam met Casper de Vries, haar eie program getiteld Shaleen op M-Net en nog vele ander.

Foto: Elysian Management

Surtie-Richards, is gebore in Upington in 1955 en was ‘n kleuterskool onderwyseres tussen 1974 en 1988. Sy is meer as ‘n legende; die landskap van Afrikaans in televisie en toneel sou nie dieselfde gewees het sonder haar nie. Surtie-Richards het vele toekennings ontvang gedurende haar loopbaan, asook die Lifetime Achievement Award by die 2014 Royalty Soapie Awards. Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum het Shaleen in Januarie 2020 ingehuldig as ‘n lewende legende, met ‘n borsbeeld wat hul van haar laat oprig het.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *