Hierdie OUMA pomp spiere en sal jou ore aansit!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Lucille Rossie (51) – ‘n ouma van twee – was in 2010 tweede in die Wêreld Liggaamsbou Kampioenskap in Barcelona Spanje!

En sy oefen intensief! Bel jy haar half tien in die aand, dan vra sy jy moet 45 minute later weer bel, want sy oefen nog. Vyf dae ‘n week, vir 2 ure, werk sy aan haar bultende spiere om weer aan ‘n kompetisie deel te neem, al is dit amper tien jaar later.  Haar mikpunt is om deel te neem aan die Miss World Body Building kompetisie en sy het een doelwit, sy wil wen!

A (7)

Op ons vraag waarom sy besluit het om aan liggaamsboukompetisies deel te neem, antwoord sy: “As kind was ek ‘n introvert. My ma het egter gimnastiek afgerig, en ja, ek was ietwat van ‘n rabbedoe, daarom die besluit. Lucille Ball was my rolmodel, en ek wou uitstaan soos sy. Ek wou iets doen wat my soos ‘n “legend” sou laat voel.”

In 1988 neem sy deel aan Miss Border Light Weight Division in die Oos-Kaap en stap weg met die wenprys.

Die volgende jaar wen sy dan ook die Miss EP (Oos-Kaap) kompetisie. Kort hierna verhuis sy vanaf Port St Johns na Johannesburg en bekwaam haarself as as ‘n arbeidsterapeut, sy trou en met die koms van haar eersteling (en omdat sy geborsvoed het) kon sy eers weer in 1999 in Johannesburg aan ‘n kompetisie deelneem waar sy derde gekom het.

Twee jaar later verhuis sy na Kaapstad en neem deel aan Miss SA Natural Body Building, en stap weereens met die wenprys weg.

Lucille – of te wel, Rossie, soos almal haar noem – bederf haarself graag met soetigheidjies, vertel sy met ‘n vonkel in die oog, maar sê dan vinnig: “Ek sit dit so gou moontlik om in energie!”

Behalwe ysters pomp lees sy graag gesondheidsboeke maar daar is g’n sprake van uittree en aftree vir hierdie ouma, maar sy voeg by dat wanneer die dag wel kom sal sy graag bejaardes en gestremdes wil afrig.

Terwyl Rossie hard aan die oefen is vir haar volgende kompetisie is sy ook op die uitkyk vir borge om dit moontlik te maak.

Untitled collage

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge