Reis die wêreld plat SONDER ‘n visum

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

“Het ek ’n visum nodig?” is een van die eerste vrae wat ek vra wanneer daar ’n moontlikheid is om ’n vreemde land te verken.

Die rede vir hierdie vraag is eenvoudig: papierwerk maak my mal, ’n konsulaatbesoek klink na drama (veral as jy nie in die Kaap, Pretoria of Johannesburg bly nie) en sommige visums is vrek duur.

Ek word sommer moeg net om daaraan te dink.

Alhoewel ons nou nie so gelukkig is om (amper) te kom en gaan soos ons wil soos diegene van Singapoer of Duitsland nie, is daar steeds vele opsies – meer as 90 – waarvan Suid-Afrikaners kan kies as ons graag op ’n oorsese vakansie wil gaan.  Vele lande in Asië, Afrika en Suid-Amerika heet ons welkom sonder enige visum-kopseer en in ’n japtrap kan jy op ’n  vliegtuig klim,’n stempel in jou paspoort kry en die land na hartelus verken.

Visum

Natuurlik moet jy altyd in gedagte hou dat die lengte van jou kuierperiode in die visum-vrye lande steeds verbonde is aan die reëls van elke land, onderskeidelik. Party lande, soos byvoorbeeld Argentinië, die Bahamas, Botswana en Brasilië laat jou sommer toe om vir 90 dae te kuier. Vind vooraf uit hoe lank jy mag bly. En diegene wat die vreemde besoek vir besigheid, maak seker jy het die regte visa voor jy vlieg. Besoek die webwerf van die nasionale regering om te loer na die visumvereistes vir elke land vir Suid-Afrikaners.

Geen visum, geen probleem!

Hier is ’n paar lande in die wêreld waar Suid-Afrikaners net kan opdaag met hul paspoort in hul hand.

Afrika: Angola, Benin, Botswana, Gabon, Kenya, Lesotho, Swasiland, Malawi, Mosambiek, Namibië, Senegal Zambië en Zimbabwe.

Suid- en Sentraal Amerika: Venezuela, Uruguay, Peru, Paraguay, Panama, Nicaragua,  Honduras, Guatemala, El Salvador, Ecuador, Costa Rica, Chili,  Brasilië, Argentinië, Bahamas en Jamaika.

Noord-Amerika: Nee jammer, hul is maar steeds vol draadwerk.

Europa: Reunion Eiland en Ierland (maar daar is ‘n paar reëls).

Midde-ooste: Israel.

Oseanië: Cook-eilande, Fidji en Vanuatu.

Asië: Hong Kong, Sinapoer, Malaysië, Maldives, Filippyne, Thailand, Suid-Korea en Indonesië.

Om te loer na die ander lande, besoek hierdie webtuiste.

Visum op aankoms (Visa on arrival)

Die tweede beste opsie na ‘geen visa’ is definitief ’n land wat vir jou ’n visum op aankoms gee sonder duisende papierwerk. Meeste vereis ’n paspoortfoto, ’n visumpapier wat jy invul op aankoms asook die kontant vir die visum (meeste verkies dollars vir betaling, maak doodseker wat nodig is voor jy Suid-Afrika verlaat).

Die volgende lande maak dit baie maklik vir Suid-Afrikaners:

Kambodja, Laos, Nepal, Bolivië, Jordanië, Madagaskar, Maldives en Rwanda.

Vir Sri-Lanka kan Suid-Afrikaners ‘n e-visa kry.

Kies jou bestemming na aanleiding van jou behoeftes

Geen visum is nodig, nou wat volgende?

Wil jy ’n sakpas rugsakreis hê? Kies koers na Asië waar lande soos Thailand, Indonesië en Malaysië jou inwag; al drie is bekostigbaar, vereis geen visum en daar is goedkoop vlugte (soms vir so min as R6000 ’n retoer) na Indonesië en Thailand. Hierdie drie lande bied jou ook die geleentheid om witstrand-eilande te verken in ’n tropiese klimaat met unieke disse, interessante kulture en historiese landmerke.

Visum

As jy opsoek is na iets ’n bietjie meer wild, laai die voertuig vol mede-reisigers en kies koers na een van ons buurlande, hetsy dit Bostwana, Namibië of Lesotho is. Selfs sonder ’n 4×4 kan jy steeds vele avonture hê asook parke besoek. Het jy geweet dat die Ts’ehlanyane Nasionale Park in Lesotho lê slegs 80km van Ficksburg? Plus, dit is teerpad al die pad!

Vir iets ongewoon en prentjiemooi, propvol natuuravonture van aktiewe vulkane tot ongelooflike watervalle, klim op ’n vliegtuig na Reunion Eiland. Vlugte beloop ongeveer R6000 vir ’n retoerkaartjie en dit is slegs 4 ure van Johannesburg!

Om geld te bespaar op jou oorsese reis sal dit help as jy:

  • Buigbaar is met jou datums en dae wanneer jy vlieg;
  • Tuisgaan in eenvoudige verblyf (of selfs backpacker-tipe akkommodasie);
  • Eet waar die locals eet;
  • Publieke vervoer gebruik; en
  • Soek vir ’n spesiale aanbod of twee: sommige plekke bied gratis toere aan terwyl sommige museums op sekere dae oop is, kyk uit vir publieke vervoerkaarte of ‘n tipe pakket wat vele aktiwiteite insluit vir een prys.

Visum

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

2 thoughts on “Reis die wêreld plat SONDER ‘n visum

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge