Rowwe stories met Francois van Coke

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Francois van Coke en daarmee te saam, Fokofpolisiekar, het menigte tannies na hul pêrel halsnoere laat gryp in die  vroeë 2000s.

Nog voordat die musiek op hul ore kon val het die naam van die groep die ouderlinge van die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap dwars in die krop gesteek. Natuurlik het die stories, soos die woorde wat Wynand op Bobby van Jaarsveld se beursie geskryf het, die hele pêrel-toetie luidkeels ontsnoer soos die val van ‘n boksie Smarties tydens ‘n openingsgebed in ‘n kerk in die Noordelike voorstede van Kaapstad tot ‘n klein dorpie in die Karoo.

Vir ander — meestal tieners en jong volwassenes — was Fokofpolisiekar ‘n stem van rebellie. Soos die 70s se ‘Flower Power’ beweging teen die Vietnamoorlog het die rock-groep iets ontwaak wat teen die stroom van denkwyses, en dit wat nog altyd daar was, gegaan.

Dit was ‘n draaipunt. En nie net in musiek nie.

Vir ander — meestal tieners en jong volwassenes — was Fokofpolisiekar ‘n stem van “uiteindelik”.

Kyk na Sjef Judi van Kaapstad se onderhoud met Francois van Coke.

Nodeloos om te sê, tussen die stage dives en Fokof-toere, het Francois van Coke baie stories bymekaar gemaak oor die laaste twee dekades.

40 Jaar van Coke

En in ‘n reeks met 10 episodes gesels Annie Klopper met Francois van Coke oor al daardie rowwe stories; dié stories wat die media soos ‘n kat aan die stert beetgehad het en dié wat nooit eers die koerante gehaal het nie. 40 Jaar van Coke is ongesensorde stories — raar, rou en diep — oor Francois se eerste keer in die tronk en dit wat regtig gebeur het toe die koerante “Wie het Van Coke opgef*k” uitgeblaker het.

Luister na hierdie reeks (en kyk dit, want dit is meer as net ‘n podcast). Kaartjies is beskikbaar deur iTickets, en vir R500 kan jy jouself maar regmaak vir meer as 12 ure se vermaak.

Annie en Francois ken mekaar al vanaf 2004 en is ou vriende, so die gesprekke vloei vlot, intiem en baie vermaaklik. Sy het haar MA-tesis oor Fokofpolisiekar geskryf asook ’n boek oor die groep, Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar, wat in 2011 gepubliseer is.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *