Het jy die regte wiele vir ‘n Afrika-avontuur? Saayman 4×4 Rental kan help!

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 3 minute

Wat gemaak as die bos, Botswana of Baviaans roep maar jou eie wiele skreeu luidkeels “hokaai, hier kan ek mos nie ry nie?”

Wat gemaak as jy ook graag elke nou en dan tent wil opslaan, bietjie die eenvoud van die lewe wil ervaar voor ’n knetterende kampvuurtjie, vleisie op die kole en ’n lekker moerkoffie wat stoom afblaas op die gasstofie wanneer jy ontwaak?

Wat gemaak as jy wonder wat lê ander kant die grense van Suid-Afrika, maar jy weet darem nie of jou jaloppie of selfs daai blink motor wat so vinnig-vinnig om draaie kan gly maar slaggate vrees, dit sal maak nie?

Gaan jy maar in Jan Tuisbly se karretjie glip of die bosveldbul by die horings gryp en ’n plan maak?

Vind avontuur se ware noord saam met Saayman 4×4 Rental

Saayman Car and Bakkie Hire, geleë so entjie uit die woeligheid Kaapstad in Strand, bied jou die geleentheid om te sê “basta met dit!” en voet in die hoek te sit op grondpaaie wat lei tot droombestemmings waar landskappe ongerep roep, waar gemsbokke bak in die Kalaharison en waar die kompasvinger se ware noord altyd wys in die rigting van avontuur.

Met Saayman Car and Bakkie Hire se twee voertuigkeuses, die Toyota Hilux 2.4D GD-6 D/Cab 4×4 (handrat of outomaties) of die Toyota Land Cruiser 79 4.2D D/Cab 4×4 – beide 5-sitplek voertuie – kan jy maar rustig oor die klippe, deur die dongas, modder en water gaan, hierdie voertuie se naam, kanniedood houding en betroubaarheid op moeilike paaie loop hul ver vooruit. En kyk, hierdie bosbakkies is nou vir jou góéd toegerus met al wat ’n kampding is. Ja nee, daktent, braaigoed, kombuistoerusting en selfs beddegoed, dit is alles daar. En as jy dalk opsoek is na ’n grondtent, gazebo, jerry-kanne, slaapsakke of GPS kan hul jou ook uithelp. Natuurlik is jou veiligheid bo-aan hul lysie en saam met elke voertuig kom daar hersteltoerusting soos sleeptoue, ’n graaf en ’n stel gereedskap wat selfs kan help wanneer  jou snorkende buurman ’n skroef los het in sy tent.

Saayman 4x4 rental

En moet nou nie bekommerd raak as jy nie heeltemal weet watter paal kom waar vir die tent nie. Hulle wys jou alles wanneer jy vir die voertuig gaan teken en dit in ontvangs neem in die Strand. Al jou vrae oor die bakkie en sy toerusting sal hul kan antwoord om seker te maak dat jou reis seepglad verloop.

Met Saayman Car and Bakkie Hire se 14 jaar van ondervinding kan jy maar gerus jou ore spits as hul 4×4 bestuurswenke deel. Pieter Saayman, eienaar en self ’n kranige reisiger glo vas dat die sukses van ’n goeie reis is om te weet waarheen jy gaan, watter roete om te volg en om liefs nie in die nag te ry nie (veral as jy nie die roete ken nie). Sy gunsteling plek in Suid-Afrika is die Kgalagadi Transfrontier Park en die maatskappy help hul kliënte graag met ’n moontlike roeteplan (of hul kan jou voorstel aan iemand wat jou kan help beplan van begin tot einde); daar is ook ’n toergids in hul arsenaal van dienste as jy die pad saam met ’n kenner wil vat.

Saayman 4x4 rental

Of jy nou ’n kort toer wil doen van ’n paar dae of sommer al jou verlof op een slag wil vat vir ’n behoorlike wegbreek, jy kry onbeperkte kilometers wanneer jy ’n voertuig by hul huur; Tuinroete, Kruger of Wildekus, dit alles wag. En as jou internasional rybewys brand om bietjie flikkers te gooi kan jy selfs oor die grense na ons buurlande (en hul buurlande) gaan. Jou eindbestemming hoef nie noodwendig dieselfde te wees as jou beginpunt nie, dit is moontlik om die voertuig in ’n ander stad af te laai (onderhewig aan addisionele kostes).

Verbeel jou net: familie of vriende, avontuur en Moeder Natuur.

Maak dit alles jou nie net lus om die pad te vat nie?

So wanneer die bosveld weer roep en jy voel daar is ’n kamp tekort in jou lewe, maak kontak met Saayman Car and Bakkie Hire, want wraggies, Jan Tuisbly se karretjie kan mos nooit die hunkering na avontuur blus nie.

Saayman 4x4 rental

Lus vir reis? Kontak Saayman 4×4 Rental

Besoek hul webtuiste by www.saaymanmotors.co.za vir meer inligting.

Jy kan ook ’n e-pos stuur na saaymanrentals@gmail.com of hul skakel by 021 100 3064.

 

*Hierie artikel is geborg deur Saayman Car and Bakkie Hire.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge