Sal jy ‘n 2-slaapkamer huis deel met 50 vreemdelinge vir 3 weke?

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 1 minute

Sal jy ‘n tweeslaapkamer huis deel met 50 vreemdelinge vir 3 weke of laat dit jou keel ‘n bietjie toetrek met ‘n benoudheid?

Trap! Dis my huis is ‘n nuwe werklikheidsprogram wat op Via gaan verskyn in Januarie 2020 en aansoeke om deel te wees van hierdie program is nou oop!

Die program is gebaseer op die welbekende Get the f*ck out of my house en die konsep is eenvoudig: 50 huismaats moet drie weke saam spandeer in ‘n redelike beknopte tweeslaapkamer huis sonder om die huis te verlaat. Hierdie 50 deelnemers moet dus saamwerk en saam leef met huisvoorraad soos byvoorbeeld kos, beddgoed en eetgerei wat slegs genoeg is vir twee mense. Deelnemers het dan die geleentheid om nuwe voorraad aan te koop uit die R1miljoen spaarvarkie (wat deel uitmaak van die wenprys op die ou einde van die dag); hoe meer kos of toiletpapier of tandepasta hul koop, hoe minder is die prysgeld. Die wenner en bittereinder staan die kans om ‘n minimum van R600 000 te wen.

Deelnemers wie hul privaatheid mis of dalk oorweldig word deur al die asems en wasems mag die huis – en dus ook die kompetisie – enige tyd verlaat; deelnemers kan ook uit die huis gestem word deur hul huismaats.

Sal jy dit waag? Of dink jy die irritasies sal maar hoog loop?

Aansoeke is oop vir person 18 en ouer, klik hier as jy nie te veel gepla is oor jou privaatheid nie en wil inskryf.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge