Sê ‘Koebaai Kaapstad’ met hierdie 5 Dagreise

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 4 minute

Dit is nou maar ‘n feit wat soos ‘n paal bo water staan, die Moederstad beskik oor skoonheid. Terwyl haar natuurlike aantrekkingskrag besoekers van naby en ver trek is daar vele pragtige klein dorpies in die omgewing om te ontdek.

Die Wes-Kaap het “uniek” vetgedruk oor sy 130 000 km² gesig; van die wynlande tot die magiese Overberg, van die Tankwa-stilte, die Karoo se dorre hart tot die Tuinroete se rustigheid, van die bokkoms- en veldblomme van die Weskus tot by die hoogtes van die Cederberg en die vriespunt van Sutherland.

Daar is soveel skoonheid.

Begryp ons werklik hoe uiteenlopend, skilderagtig, asemrowend-terwyl-my-kake-tot-op-die-vloer-vald pragtig hierdie plek is wat ons ‘huis’ noem?

Nou ja toe, kom ons verken die skoonheid!

5 Dag Uitstappies vanaf Kaapstad

Waai koebaai vir Tafelberg, want hier is 5 dagrit idees vanaf Kaapstad.

Darling

Darling is soos ‘n goeie wyn; ‘n sagte noot, maar skerp op die Weskustong, met  goeie geselskap wat stadig geniet word en ‘n ondertoon van ontdekking. ‘n Goeie balans van pret en baie lag saam met ‘n mengsel van uniek Suid-Afrikaans. 

Goeie dinge neem tyd en soos ‘n glas goed verouderde rooiwyn, het die skilderagtige dorp Darling omskep van ‘n 18de eeuse boerderygemeenskap in die Darling wat ons vandag ken. ‘n Boetiekkelder met ‘n versameling van die Weskus se beste feeste, optredes, kuns, landskappe, wyn, bier, kos en aktiwiteite.

Reisafstand (vanaf Kaapstad): + 150 km.

Iets wat jy glad nie moet misloop nie: Evita se Perron.

Darling3-700x446

Citrusdal

Terwyl ‘n reis na Citrusdal jou dalk vra om die wekker vir die vroeë oggendure te stel, is die twee uur lange rit op die N7 die moeite werd.

Citrusdal, die poort na die Cederbergberge, is ‘n boerdery-distrik omring deur ruie skoonheid. Hier gaan dit nie oor die vergelyking van appels en lemoene nie, maar dit gaan alles oor die groei van rooibos en lemoene.

Het jy geweet dat die smal 60 000 hektaar band langs die Weskus van Suid-Afrika die enigste plek in die wêreld is waar rooibostee gekweek kan word? Hoe uniek! Carmien Tee is een van die produsente in die omgewing; hulle bied ‘n hele reeks tee, van gegeurde tee met ‘n ligte mokka-smaak aan, en dan die meer tradisionele en trots Suid-Afrikaanse tee soos Buchu en Rooibos. Daar is ook toere waar u die hele rooibos-proses van oes na beker kan ervaar.

Reisafstand (vanaf Kaapstad): + 350 km.

Iets wat jy glad nie moet misloop nie: Ervaar die “Carmien Tea Experience.”

Citrusdal-Day-Trips-from-Cape-Town-700x425

Kaappunt

As jy die plek waar die twee oseane ontmoet wil besoek, beweeg dan bietjie verder af langs die kus na Kaap Agulhas, want dit is nie by Kaappunt nie. Maar as jy ‘n wêrelderfenisgebied wil besoek, met ontblote kranse wat sy wortels in die Atlantiese Oseaan dompel, of as jy sprakeloos wil staan voor die ruwe rotse van Valsbaai, waar jy die fynbos strek tot doer agter die rante, besoek Kaappunt. 

Kaappunt het baie te bied aan besoekers; As jy ‘n maklike dag wil geniet, neem die Flying Dutchman-kabelkarretjie na die uitkykpunt en bekyk die walvisse van Junie tot Oktober. Besoek die winkel en snuffel vir Kaappunt-aandenkings en eet by die Two Oceans restaurant. Maar as jy uitgeput wil terugkeer na Kaapstad (maar tog tevrede), gaan kajak, ry bergfiets, bring ‘n verkyker vir voëlkyk,  of swem by ‘n getypoel, gaan vir ‘n piekniek, sien die Kaapse bergsebra of gaan stap die Shipwreck-roete. 

Reisafstand (vanaf Kaapstad): + 140 km.

Iets wat jy glad nie moet misloop nie: Die legendariese spookskip.
Kaappunt

Franschoek

As jy die taal van wyn en kos praat, laat die smaak van Franschoek toe om ‘n rukkie op jou palet te lê. Die klein dorpie met sy unieke argitektuur, oesjaarmotors in die motormuseum en eeue oue wingerde teen die agtergrond van asemwegslaan-berge, staan bekend as die kulinêre hoofstad van Suid-Afrika. En dit gaan gepaard met ‘n paar van die beste wyne, insluitend Franse borrels, Cap Classique.

Daar is geen twyfel dat met al die ‘vloeibare druiwe’ dit dalk beter (en veiliger) sal wees om jou motorsleutels iewers te gaan wegsteek. En dit kan nie makliker wees nie. Cape Comoot bied ‘n pendeldiens aan vanaf Kaapstad na Franschoek, en sodra jy in Franschoek is, kan jy op die Wine Tram klim. Dit is ‘n hop-op-hop-af ervaring wat jou toelaat om deur die wingerde te reis, vir middagete te stop, ‘n keldertoer te doen en wyn te proe. En dan nog wyn te proe. En dan nog meer.

Reisafstand (vanaf Kaapstad): + 170 km.

Iets wat jy glad nie moet misloop nie: Wine Tram, wat kan ons meer sê?

Franschoek Valley

Kleinmond / Bettiesbaai / Pringlebaai / Rooiels

Clarence Drive is rede genoeg om op ‘n dagrit te gaan; dit kan netsowel die sinoniem vir beeldskoon wees, en dit word een van die wêreld se mooiste paaie. Dit is moeilik om hieroor te stry.

Vanuit Kaapstad beloon die rit jou met die Hangklipkus, wat dorpe soos Kleinmond, Bettiesbaai, Hangklip, Pringlebaai en Rooiels insluit. Hierdie gemeenskappe is geleë in die magiese Overberg waar die karmosynkleurige sonsondergange in pragtige ewige herinneringe verander, waar fynbosbedekte hange jou asem wegslaan en waar ongerepte strande jou vra om dit stilstand te kom sodat jy alles behoorlik kan inneem!

Reisafstand (vanaf Kaapstad): + 190 km.

Iets wat jy glad nie moet misloop nie: Stony Point Penguin Colony.

Day-Trips-from-Cape-Town-1-700x419 (1)

 

Hierdie artikel is vertaal en aagenpas vanaf ons susterpublikasie, Going Somewhere Slowly.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge