Sonsondergang: 7 Goue Oomblikke in Suid-Afrika

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Daar is darem maar net iets spesiaal aan ‘n sonsondergang en die manier hoe die son finaal sy hoedjie lig op die horison voor hy die dag groet.

Soos ‘n kunstenaar trippel hy stadig oor die verhoog en vind die kollig op die perfekte uur. Alles staan gereed, towerlandskappe wag in spanning en die gaskunstenaarwolke neem hul plekke in.

“Ligte, kamera, aksie!”, brul die oranje-rooi stem vanaf die horison.

Liriese danspassies vul die kosmos met kwashale en kleurspatsels, dramatiese veranderinge skiet oor van die Weste na die Ooste en die gehoor snak na hul asems. Dit is ‘n ewig-veranderende trefferproduksie, ‘n harmonie van natuur en ‘n simfonie van kleur, maar binne ‘n oogwink verander die hele toneel, in ‘n paar sekondes verander die verhoogstuk en voor jy weet het die son sy hoed gelig en finaal die dag gegroet. Die gehoor is in vervoering, ‘n luidrugtige applous groet die son en gesigte helder op met die wete dat môre se choreografie op ‘n nuwe deuntjie gaan dans.

Die opvoering van die son het ek al vere kere dopgehou; in verskeie seisoene en in verskeie lande, maar kyk, daar is maar net een Afrika son!

Hier is ‘n versameling van ‘n paar van my gunsteling sonsondergang oomblikke, in geen spesifieke orde nie…

Sonsondergang: 7 Goue Oomblikke in Suid Afrika

#1 – D.H Steyn Bridge, Bethulie

Bethulie Sonsondergang

#2 – Gamtoosrivier

20160221_190204-01

#3 – De Zeekoe Gasteplaas, Oudtshoorn

IMG_2479-01

#4 – Vallei van Verlatenheid, Graaff-Reinet

20150925_180944

#5 – Uniondale

sonsondergang2

#6 – Hawe, Gansbaai

IMG_3759-1-01

#7 – Piekenierskloofpas

20160418_172403-01

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

One thought on “Sonsondergang: 7 Goue Oomblikke in Suid-Afrika

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge