Van musiek tot kwas, ‘n vrou van vele talente

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Sy is 83, ‘n ouma selfs op Youtube.

Tik net in: Maryna laat waai.

Haar helder stem met die kenmerkende brei laat jou voete wikkel en jy sing gou-gou saam.

Van haar kosbaarste besittings is ‘n bybel van 1911 en ‘n handgeskewe nota van Piet Koornof (destydse Kabinetsminister).

WP_20170407_024

Maryna Rossouw is oorspronklik van Robertson, maar woon die afgelope vier jaar in Huis Uitsig, ‘n
Kieriekoshuis in Parow-Noord. Sy is versot op stap en ‘n bekende gesig in die area; Maryna stap sommer maklik N1 City Mall toe en terug. Haar vel is ‘n gesonde somerbruin. En haar oë
blink van lewenslus.

Sy is versot op musiek, kan geen note lees nie, maar speel omtrent al wat ‘n instrument is. Noem maar op, banjo, bekfluitjie, trekklavier, kitaar en klavier. Soms gryp sy haar kitaar en gaan sing vir die mense wat op die stoep in die son sit.

Maryna is ‘n dame van baie talente. Van jongs af skets sy en verf met waterverf. Sy verf sommer op alles wat voorkom. Blikke, borde en klippe.

“Ek het my eerste prys gewen toe ek tien jaar oud was, en dit was my eerste skildery. Ek hou daarvan om natuurtonele te verf. Bome! En beeldhouwerk, honde veral.”

Maryna het nooit formele opleiding ontvang nie en dit neem haar soms net een dag om ‘n skildery klaar te maak.

WP_20170407_013

Maar hierdie vrolike ouma se pad was nie net altyd maanskyn en rose nie. Sy was 17 jaar gelukkig getroud toe haar man tragies verongeluk, en kort daarna ook haar oudste seun.

Maryna vertel verder: “Ek het ook al trourokke gemaak en troues gereël. En ek was haarkapster. As iemand op ons dorpie iets gedoen wil hê dan sê almal: vra vir Maryna!”

Sy voeg by, “Ek het baie byname gehad. Tannie Dokter. Tannie dit, tannie dat.”

Haar woonkamer in die Kieriekoshuis hang nog vol van haar kunswerke en sy sit nie lank stil nie. As jy jou oë weer uitvee is sy is alweer oppad en stap agter die son aan!

WP_20170407_022 (1)

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge