10 VEILIGHEIDSWENKE vir wanneer jy ALLEEN wil reis

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 4 minute

Die lekkerte van alleen reis is dat jy nooit hoef te wag vir iemand anders nie.

Geen vooraf beprekings spesifieke datums tyd of plekke nie.

En dit skep ‘n gevoel van vryheid, want jy kan 100% selfsugtig wees met jou tyd, hoe lank jy vertoef en waar jy vertoef. Jy kan besluit of jy lus is vir kliphard sing en niemand gaan vir jou lag as jy ‘n vals noot of twee uitbasuin nie. Jy kan bed toe gaan wanneer jy wil en opstaan wanneer jy wil.

Maar as jy besluit om die pad alleen aan te durf moet jy ‘n paar dinge in gedagte hou.

Road Trip Tips Map

10 Veiligheidswenke vir die alleenreisigers

Om alleen agter die stuurwiel in te skuif vir ‘n lang afstand toer kom met ‘n paar verantwoordelikhede van sy eie. Om alleen veilig te bly op die paaie – veral as vrou – is logiese denke jou towerwoord.

1. Gaan jou motor na voor jy ry

Maak seker dat jou bande in ‘n goeie toestand is en dat die banddruk korrek is; veral as jou motor bietjie swaarder gelaai is as normaal.

Olie. Ligte. Ruitvieërs. Water in jou masjien en vir jou voorruit. Brandstof.

Leer jouself hoe om ‘n pap band om te ruil en dat jy al die nodige gereedskap het om dit te kan doen. Die spaarwiel se banddruk moet ook nagegaan word. Pak in jou waarskuwings driehoeke (onthou in sommige lande het jy twee nodig). Sit maar ekstra water in. Flitslig en ekstra batterye daarvoor. Noodhulpkissie. Pak ‘n selffoonlaaier wat in die motor gebruik kan word (of ‘n ‘battery pack’).

2. Het jy ‘n roete(al is dit net half beplan)?

Al hou jy daarvan om te gaan waarheen die pad jou lei is dit steeds wys om jou reisopsies te bestudeer voor jy vertrek; kyk na addisionele paaie indien jy dalk besluit om van die beplande roete af te dwaal. Is daar veilige akkomodasie beskikbaar? Watse tipe akkomodasie? Gaan dit jou sak pas? Kyk deur watter dorpe jy gaan ry. Is daar genoeg petrolstasies beskikbaar op die roete?

3. Versekering en padbystanddienste

Indien iets verkeerd loop, wie kan jy skakel vir hulp? Bevestig vooraf of die diens wat jy gebruik aan al jou vereistes voldoen en of hulle in enige situasie jou sal kan kom help as jy dalk ‘n paar ekstra kilometers buite jou gewone dekking is.

Doen navraag oor addisionele padbystanddienste, soos byvoorbeeld wat die AA aanbied. Dit gaan jou dalk baie trane en hartseer spaar vir ‘n bietjie ekstra moeite. Die AA het goeie pakkette vir slegs R120 per maand (en pensioenarisse betaal amper die helfte minder).

4. Vertel jou naaste familie en vriende waar jy is

Deel jou reisbesonderhede met jou familie en of vriende en maak gedurig kontak met hulle.

5. Sorg dat jou foon altyd gelaai is

Indien jy nie ‘n motorlaaier het nie, sorg dan ten minste dat jy ‘n volgelaaide ‘battery pack’ het.

6. Dag of Nag

Probeer om nie gedurende die nag te ry nie. Jou konsentrasie is maar net nie dieselfde as dit voel of jou oë springhaas jag met die aankomende motors se ligte nie. Onthou, jy kan slegs staatmaak op jou eie ligte en net hoop dat ander motors ook twee werkende ligte het. Neem ook in ag dat die gevaarlikste tyd om te bestuur is gedurende sonsondergang en -opkoms, veral in areas waar koedoes voorkom.

7. Ken jou perke

Ken jou perke. Daar is niemand wat jou jaag nie. En daar is niemand wat die stuurwiel by jou kan oorneem as jy moeg raak nie. Maak seker dat jy genoeg slaap ingekry het voor jy vertrek. Stop gereeld en rek jou bene en lyf. Ontspan ‘n bietjie. ‘n Goeie idee is om jou spieëltjies perfek in te stel vir die posisie waarin jy sit net voor jy vertrek, dus as jy gedurende jou reis agterkom dat die beeld vanuit spieëls nie meer dieselfde is nie, dan weet jy, jy is besig om bietjie af te skuif in jou sitplek end it is ‘n duidelike teken van moegheid…Klaasvakie het jou dalk begin strooi met ‘n bietjie slaap en jy het die klein klits nie gesien nie. Stop liewer vir jou eie veiligheid. Drink ‘n koppie koffie.

Ken ook die perke van jou eie motor. Weet hoe ver jy kan ry voor jy weer moet brandstof ingooi. Weet hoeveel krag is onder jou masjienkap wanneer jy motor wil verbysteek. Weet hoe jou motor gaan reageer op grondpaaie.

8. Skakel in op plaaslike radiostasies

Plaaslike radiostasies in sekere areas of provinsies speel nie dalk altyd die musiek waarna jy graag wil luister nie, maar hulle is jou beste bron vir addisionele inligting as iets onverwags in die area gebeur waardeur jy reis.

Jy kan dan vinnig genoeg optree indien jy van roete moet verander as gevolg van padwerke, paaie wat gesluit is, ongelukke en of protesoptogte.

9. Vertrou jou sesde sintuig

Jy ken jouself, vertrou jouself. As jy ongemaklik voel om ‘n sekere roete te volg. Moenie dit doen nie.

10. Geniet jou reis

Onthou dit is jy en die groot pad. Jy het dit self beplan. Geniet elke kilometer van jou reis tot by jou eindbestemming. Stop gereeld. Gesels met mense. Drink jou koffietjie of jou Coke en eet daai pastei.

Jy is verantwoordelik vir jou veiligheid (en ook vir die veiligheid van ander).

IMG-20190519-WA0020Foto deur Malusi Msomi (Durban Spotter).

*Hierdie artikel is aangepas vanaf 10 Tips for Going on a Solo Road Trip, wat verskyn het in VroetelVoete se susterpublikasie, www.goingsomewhereslowly.com.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge