Vir die stofpaaie: Nuwe Renault Duster TechRoad

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

Die nuwe All-New Renault Duster SUV wat se wiele begin rol het in Oktober 2018 was ‘n reuse sukses met ‘n 50% toename in Duster-verkope en nou is dit tyd om iets ekstra by die Duster-reeks te voeg: Duster TechRoad!

Sedert die Renault Duster sy eerste verskyning gemaak het ses jaar gelede is daar al meer as 2 miljoen van hierdie voertuie verkoop in die wêreld en die oorspronklike Duster is ontwerp om moeilike paaie aan te durf, maar op ‘n meer nederige manier as tipiese bosbrekers.

Renault Duster

Die nuwe All-New Renault Duster het voortgebou op die krag en hart van sy voorganger as ‘n wel bekwame SUV wat sterk, eenvoudig en betroubaar is asook bekostigbaar. En nou, met die nuwe All-New Renault Duster TechRoad toevoeging tot die Duster-reeks (wat die Dynamique 4×2 Trim Level sal vervang) is daar ‘n paar ekstra kenmerke waarna ons kan uitsien:

  • Van buite af is hierdie voertuig opgeknap met ‘n meer tawwe gespierde lyf, perfek vir grondpadavonture.
  • Die binnekant is herontwerp met eksie-perfeksie afwerkings en toerusting vir ‘n meer gemaklike rit.
  • Nuwe tegnologie is ingebring, soos byvoorbeeld die trurat-kamera.
  • Grondvryhoogte van 210mm.
  • Nader-en vertrekhoek van 30° en 34°.
  • 17-duim wiele bied sekerheid op die pad.
  • Brandstofverbruik beloof om vanaf 4.8L/100km te wees.
  • Verbeterde veilgheid.

Die All-New Duster is ook ‘n voertuig met heelwat spasie vir bagasie en passasiers, die kattebak het ‘n laaikapasiteit van 478 liter. Daar is natuurlik ook Outomatiese Klimaatbheer, Spoedbeheer, ‘n GPS en die motor werk saam met jou slimfoon met Apple CarPlay en Android Auto; hierdie tegnologie laat jou ook toe om jou musiek te beheer, rigting te vind en te kommunikeer deur middel van stemopdragte.

Jy het die keuse van petrol of diesel vir die nuwe All-New Renault Duster, daar is die 1.6L 16V en twee weergawes van die 1.5 dCi turboenjin. Al die modelle kom uit met die standaard 5-jaar/150 000 km waarborg.

Wat kos die All-New Renault Duster?

  • Renault DUSTER 1.6 Expression 4X2                       R255 900
  • Renault DUSTER 1.5 dCi TechRoad 4×2                R293 900
  • Renault DUSTER 1.5 dCi TechRoad  EDC 4×2      R327 900
  • Renault DUSTER 1.5 dCi Dynamique  4×4               R327 900
  • Renault DUSTER 1.5dCi Prestige EDC 4×2             R340 900

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge