VroetelVoete: Die Geboorte van ‘n Reisblog

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Hierdie webwerf was in ‘n beplanningsfase vanaf Junie 2015 en na amper ‘n jaar van uitstel is hierdie Afrikaanse reisblog uiteindelik hier:

VroetelVoete

Van Junie 2015 tot April 2016 was daar al vele probeerslae om hierdie webwerf (wat toe nog net ‘n naam gehad het) op die been te bring…maar ander verantwoordelikhede het altyd ‘n stokkie voor die bou, spoeg en plak gesteek om VroetelVoete ‘n digitale werklikheid te maak.

Ek hoop om die rigting wat ek inslaan en die reise waarop ek gaan om te sit in woorde en visuele stories.

Liewe leser, onthou asseblief dat hierdie blog, en ek, in ons kruipfase is en nog in ons babaskoene moet groei. Ek skryf al vir amper 4 jaar in Engels op die reisblog, Going Somewhere Slowly, en om weer in Afrikaans te skryf laat my die kaste deurmekaar krap en soek na ‘n woordeboek en die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Ek het lanklaas in Afrikaans geskryf en dit is bietjie ‘n voel-voel proses in die donker; ek voel-voel tussen een of twee woorde en wie-of-wat betreklike voornaamwoorde debatte, ek wonder oor sinskonstruksie en hoekom Google nie vir my een-twee-drie die antwoorde uitspoeg nie.

Ek hoop maar dit is soos fietsry…

Ten spyte van kolletjies, strepies, een-of-twee woorde debatte, die moontlike meng van tale en dalk ‘n anglisisme wat onbewustelik kan insluip, sal ek steeds hierdie kruipfase geniet, want sommige goed klink net soveel mooier en meer poëties in Afrikaans.

Reis saam op hierdie digitale notaboek en visuele storiereis (oftewel blog) waar ek jou meer vertel van die plekke wat ek besoek (en al besoek het). Ek wys jou graag die mooi, maar ook die waarheid. Ek deel my wenke, maar vra ook jou insette. Ek vertel stories, maar luister ook na jou avonture.

Kom saam, VAT DIE PAD!

 As jy nog nie my Engelse reisblog Going Somewhere Slowly volg nie (gebore in 2012), besoek gerus www.goingsomewhereslowly.com.

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Anje

About Anje

Reisiger, ‘n skrywer en ‘n koffieverslaafde met tone is trots in Moeder Afrika se grond geboor. Ek glo vas: as die voete jeuk, VAT DIE PAD! Gaan loer gerus ook na my Engelse reisblog by www.goingsomewhereslowly.com.

One thought on “VroetelVoete: Die Geboorte van ‘n Reisblog

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge