Diere en JOU maniere tydens ‘n WILDRIT

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×
Leestyd: 2 minute

In Suid-Afrika het ons geen tekort aan wildlewe nie; slange, voëls, roofdiere, politici, malaria, klein wild en groot wild; jy noem dit, ons het dit.

En orals op ons kaarte is daar blobs van groen spikkels wat ons Nasionale Parke en natuurreservate aanwys.

DSCN1669-01

Maar ongelukkig weet almal nie altyd hoe om hulself op ‘n wildrit te gedra nie.

En terwyl ons Suid-Afrikaners vinnig is om vinger te wys en te sê dat dit die buitelandse toeriste is in hul vaal safaripakkies, is dit al keer op keer bewys – van ons parke in Suid-Afrika tot nasionale parke in buurlande – dat dit wraggies die Suid-Afrikaners is wat baas speel en reëls verbreek.

Hoe om jouself  op ‘n wildrit te gedra

Jy betree nou ‘n gebied met wilde diere. Hou asseblief in gedagte dat jy op hul grondgebied is en dat hulle nie mak of Disneykarakters is nie. Sommige het groot tande en groot voete, diere kan baie temperamenteel wees.

Moenie daardie drommel wees wat nie die reëls gehoorsaam nie.

Kyk na die foto hieronder. Dom of ongelooflike dom? 15 meter van waar hierdie drommel staan, het daar ‘n leeu gelê.

DSCN1566_1-01-700x525

Hier is die reëls:

  1. MOENIE uit jou motor klim nie.
  2. MOENIE op die dak, die enjinkap of in die venster sit nie.
  3. MOENIE die diere voer nie.
  4. MOENIE uit jou motor klim nie. 
  5. MOENIE rommel strooi nie. Hou jou asblik in die kar.
  6. MOENIE soos ‘n wilde maniak ry nie. Bly by die spoedgrens.
  7. MOENIE uit jou motor klim nie. 
  8. MOENIE blomme pluk nie.
  9. MOENIE aan enige dier probeer vat nie.
  10. MOENIE uit jou motor klim nie. (Het jy dit?)
  11. MOENIE in die middel van die pad stop nie, bly aan jou kant.
  12. MOENIE die vloei van verkeer of ‘n dier blokkeer nie.
  13. MOENIE ‘n dier jag of jaag nie.
  14. MOENIE selfsugtig wees nie. Dit gaan nie oor jou nie. Dit is nie jou grondgebied nie.
  15. MOENIE skree of hard praat nie. Binne huisstem = goed. Buite braaivleis stem= sleg.
  16. MOENIE die diere steur nie.
  17. MOENIE uit jou motor klim nie.
  18. MOENIE van die gemerkte pad af ry nie.
  19. MOENIE jou kinders op ‘n wildrit neem as hulle nie hulleself kan gedra nie.
  20. MOENIE foto’s van bedreigde diere op sosiale media laai nie.
  21. En bonuspunt: MOENIE uit jou motor klim nie!

Maklik ne?

WildCard (1)Hierdie artikel is vertaal en aagenpas vanaf ons susterpublikasie, Going Somewhere Slowly.

 

0 Flares Facebook 0 Twitter 0 Google+ 0 0 Flares ×

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

CommentLuv badge